Wie is ons?

Cipla Agricare is 'n divisie van Suid-Afrika se 4de grootste en vinnigste groeiende farmaseutiese maatskappy, Cipla Medpro (deel van die JSE-gelyste Cipla Medpro Suid-Afrika Bpk. groep), wat noue bande het met die farmaseutiese en chemiese reus, Cipla Internasionaal.

Cipla Agricare het tot stand gekom na jarelange ontleding van die landbouchemiese bedryf asook uitgebreide konsultasie met landbou besigheidskenners en vooraanstaande boere in die industrie.

Ons verhouding met Cipla Internasionaal is uiters voordelig, want dit verseker vir ons toegang tot meer as 70 jaar se ondervinding in die wêreld van farmaseutiese en chemiese vervaardiging deur internasionaal goedgekeurde aanlegte.  Cipla Internasionaal beskik oor 'n uitgebreide kennis van globale landbou markte en toestande en die feit word bevestig deurdat hulle uitvoer na meer as 170 lande wêreldwyd.  Ons is dus vol vertroue dat ons oesbeskermingsmiddels uiters geskik is om aan die verwagtinge van plaaslike boere te voldoen.

Nog 'n voordeel van ons verbintenis met Cipla Internasionaal is 'n kultuur van bekostigbare pryse. Stygende globale en plaaslike kostes plaas druk op die volhoubaarheid van plaaslike landbouproduksie.  As 'n nuwe rolspeler in die Suid-Afrikaanse landbouchemiese sektor, sal ons ons kultuur van wêreldgehalte produkte teen bekostigbare pryse, gestand doen.

“Tot u diens as vennoot in gewasbeskerming.”

Dr. Jan Wentzel

Tel. (021) 943 4215
E-pos: info@ciplaagricare.co.za

Toks van der Linde
Verhoudingsbestuurder
Tel. (021) 943 4200
E-pos: info@ciplaagricare.co.za

 

CIPLA AGRICARE and the CIPLA AGRICARE logo are the registered trademarks of CIPLA.
All other companies, product names or logos that appear on this website may be the property of their respective owners.
Copyright© 2009 CIPLA ®. All rights reserved
Website Difficulties? - info@ciplaagricare.co.za